AllFreePapers.com - All Free Papers and Essays for All Students
Search

Entrepreneur Essey

Autor:   •  April 5, 2015  •  Essay  •  753 Words (4 Pages)  •  703 Views

Page 1 of 4

ENTREPRENEUR

‘n Entrepreneur word deur Scarborough & Zimmerer, (2006:4) verwys na ‘n persoon wat ‘n nuwe onderneming skep. Carland, Hoy, Boulton & Carland (2001:50) verwys na ‘n entrepreneur as ‘n individu wat ‘n onderneming stig en bestuur met die doel om wins te maak en te groei. Verander verduidelik Hisrich & Peters (1998:9) dat ‘n entrepreneur iemand is wat iets nuuts skep met waarde, deur die inspanning van tyd, moeite, finansies, fisieke en sosiale risiko’s. Die resultaat hiervan word gesien in monetêre, persoonlike satisfaksie en onafhanklikheid (Niemand, 2006:4). Entrepreneurskap word deur Timmos (2000) beskryf as die proses vir die skepping en najaag van geleenthede ongeag van die hulpbronne wat tans beheer word.

Vir die doeleindes van die skripsie word ‘n entrepreneur beskryf as ‘n persoon wat ‘n geleentheid in die mark raaksien, die nodige hulpbronne invorder, ‘n onderneming begin en laat groei wat behoeftes bevredig (Niemand, 2006:4). Die persoon neem die risiko en word vir die sukses van die onderneming beloon deur winste (Niemand, 2006:4).  

Die persoon staar verskeie risiko’s in die gesig en sal ook die nodige hulpbronne inspan om die onderneming te begin (Scarborough & Zimmerer, 2006:4). Die motivering vir entrepreneuries aktiwiteite is om ‘n wins te maak (Nieman, 2006:3) en die entrepreneur neem ook deel aan die proses om veranderinge in die ekonomiese sisteem aan te bring deur die innovasie. In die proses skep die entrepreneur nie net waarde vir hulself nie, maar ook vir hulle gemeenskap (Nieman, 2006:3).

Nieman (2006:3) beklemtoon dat die terme entrepreneurs, entrepreneurskap en entrepreneursies ondernemings eers gedefinieer moet word voordat ‘n klein onderneming gedefinieer word. Hatten (1997:5) verwys na kriteria waarna gekyk moet word vir die definiëring van ‘klein’ en ‘onderneming’.  Faktore van entrepreneurs soos innovasie, die vermoë om geleenthede raak te sien en om die onderneming te laat groei word deur Watson (2001:50) beklemtoon.

Kenmerke van ‘n entrepreneur (Scarborough & Zimmerer, 2006:4):

  1. Begeerte en die bereidheid om innoverend te wees: het ‘n persoonlike verantwoordelikheid teenoor die onderneming wat gestig word, verkies om in beheer te wees van hulpbronne wat noodsaaklik is vir die bereiking van seker bepaalde hulpbronne, neem leiding en is gewillig om ‘n onderneming te bou wat gebaseer is op hulle kreatiewe idees.
  2. Verkies moderate risiko: neem berekende risiko’s, het ‘n verskillende perspektief oor die risiko wat betrokke is in die besigheid situasie, hul doelwitte mag voorkom as te hoog en soms onmoontlik, maar die persoon glo in hulle doelwitte en dat dit redelik en haalbaar is. Om risiko te verminder moet ‘n goeie besigheidsplan op gestel word.
  3. Vertroue in hulle vermoë om sukses te behaal: het genoeg vertroue in hul vermoë om suksesvol te wees, is optimisties oor hulle onderneming se kans op sukses.
  4. Self-relaince: neem verantwoordelikheid vir die sukses van die onderneming,
  5. Deursettingsvermoë: al werk dinge nie uit soos beplan nie, sal entrepreneurs steeds aanhou en voorgaan.
  6. Behoefte aan onmiddellike terugvoer: hou daarvan om te weet hoe hulle vorder, en soek gedurig reinforcement.
  7. Hoë vlakke van energie: om ‘n suksesvolle onderneming op die been te bring veg baie stamina, lang ure van werk.
  8. Mededingendheid: is baie mededingend en hou daarvan om aan sport deel te neem en hou telling
  9. Toekomstig gerug: droom groot en maak dan planne om daardie drome om te skakel in werklike, bruikbare doelwitte. Is altyd soekend na geleenthede, is min gepla oor dit wat gister beruik is, is gefokus op dit wat more beruik moet word. Sien dieselfde prentjie as ander, maar sien ook die geleenthede raak wat ander mis kyk
  10.  Vermoë om te kan organiseer: weet hoe om die regte hulpbronne en persone saam te sit om ‘n sekere doelwit te beruik en taak effektief af te handel. Effektiewe samestelling van werk en persone word gebruik om die entrepreneur se visie om te skakel na ‘n werklikheid.
  11.  Verkies die waarde van prestasie oor geld: nie net gedrewe om geld te maak nie, prestasie is die primêre motiveringsdryfkrag vir ‘n entrepreneur en geld word gesien as ‘n simbool van die prestasie
  12. Hoë vlakke van toegewydheid vir die oprigting van ‘n nuwe onderneming. Die entrepreneurs sal alles op die spel plaas en dit is ook ‘n dryfkrag vir die vermindering van foute en die oorkoming van struikelblokke. Is toegewyd aan hulle idee wat sal bepaal hoe suksesvol die onderneming sal wees.
  13. Verdraagsaamheid teenoor ambiguity en veranderinge in die omgewing waarin hulle besigheid doen. Die vermoë om onsekerheid te hanteer is belangrik vir die entrepreneur.
  14. Buigsaamheid: moet kan aanpas by die veranderde vraag van die verbruiker en hulle onderneming.

 

...

Download as:   txt (4.8 Kb)   pdf (96.4 Kb)   docx (11.2 Kb)  
Continue for 3 more pages »